Klipkouers

Informações:

Sinopse

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

Episódios

  • Neels Grieshaber

    08/04/2021 Duração: 01h19min

    Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...

  • Morné Basson

    07/12/2020 Duração: 01h23min

    Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska! Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe. Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal.

  • Corbèr Viljoen

    11/11/2020 Duração: 01h05min

    Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors. Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop. En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep. Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesialiste op die gebied van restourasie. Volgens Corbèr is sy kliënte meestal entoesiaste wat sy passie vir karre deel.

  • Kallie Carlson

    07/10/2020 Duração: 01h21min

    The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlson egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings. Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika.

  • Samesmeltings & Oornames

    23/09/2020 Duração: 21min

    Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word. Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer.

  • Theo Prinsloo

    16/09/2020 Duração: 56min

    Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van Guano Boost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. Guano Boost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo. Guano Boost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.

  • Leonie Marques

    15/07/2020 Duração: 35min

    Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het. Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het. So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien.

  • Sarel du Plessis

    22/05/2020 Duração: 01h30min

    Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het. Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee. Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was. Deesdae bedryf Sarel sy eie konsultantbesigheid,

  • Mike Bolhuis

    22/04/2020 Duração: 01h19min

    Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg. Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug. Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’. Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad. Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly. Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"!

  • Meksikaanse Bier Gogga

    30/03/2020 Duração: 14min

    Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer.

  • Isak Marais

    04/03/2020 Duração: 37min

    Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte. Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid. Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei. Bramhope Outdoor &

  • ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    24/12/2019 Duração: 13min

    En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!

  • Jacques Taylor

    13/11/2019 Duração: 41min

    Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deer Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg.

  • Alishia van Deventer

    04/10/2019 Duração: 40min

    Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy.

  • Henk Pretorius

    11/09/2019 Duração: 29min

    Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek.

  • Hennie Ferreira

    29/08/2019 Duração: 29min

    Osidon is die wêreld se eerste digitale rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding.

  • Annette Muller

    07/08/2019 Duração: 28min

    Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie.

  • Hannon Bothma & Julius Swart

    24/07/2019 Duração: 26min

    Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses!

  • Pepe Marais

    10/07/2019 Duração: 27min

    Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur op sy eie en sy span se "purpose" te fokus en nie deur bloot winste na te jaag nie.

  • Cornelia van Niekerk

    26/06/2019 Duração: 23min

    Oud-onderwyseres, Cornelia van Niekerk, is die stigter van FINES4U. Vir die afgelope dertien jaar hanteer hulle verkeersboetes names individue en besighede wat van die grootste motorhandelaars insluit. Hulle het beslis my lewe ‘n bietjie minder kompleks gemaak!

Página 1 de 4