Sinopse
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episódios
-
Hopeloosheid
16/04/2019 Duração: 30minIn hierdie episode grawe ons pastoraal in op die tema van "Hopeloosheid". Dit is iets wat almal een of ander tyd tref! Wat sê die Bybel oor hopeloosheid - Is dit sonde? Waar vind ons weer Hoop?
-
New Apostolic Reformation (2)
09/04/2019 Duração: 53minHierdie is die opvolg episode oor die New Apostolic Reformation (NAR). Ons fokus in besonder op die volgende vier hoofpunte: Die kenmerke daarvan. Hoekom dit verkeerd is. Hoe ons dit kan identifiseer. Hoe ons iemand kan help wat in die beweging vasgevang is.
-
Perspektief: Maart 2019
02/04/2019 Duração: 27minMaart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.
-
Luisteraarsvraag: Emigreer?
26/03/2019 Duração: 26minIn die episode antwoord ons 'n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand? Ons kyk na verskillende motiverings vir emigrasie en beoordeel dit op grond van die Skrif. Wat vra die Here van ons in hierdie situasie? Hoe leef ons met 'n Koninkryks-perspektief?
-
Enkellopendheid
20/03/2019 Duração: 29minHierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na 'n lewensmaat, of miskien is jy 'n weduwee/wewenaar. Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by 'n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet... Of jou in jou eensaamheid los... In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendheid?
-
Die Huwelik: Geslagskwessies
12/03/2019 Duração: 34minOns glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou. Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is "geslagskwessies", met 'n fokus op homoseksualiteit.
-
Die Huwelik: Intimiteit
05/03/2019 Duração: 31min"Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees" Gen 2:24. In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit 'n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie. Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons daaroor in die Woord vind.
-
Perspektief: Februarie 2019
26/02/2019 Duração: 38minFebruarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika.
-
Die Huwelik: Huwelik in krisis
19/02/2019 Duração: 25minHierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur... Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?
-
Die Huwelik: Rol van die vrou
12/02/2019 Duração: 26minIn hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle. Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se "onderdanigheid" en dat sy 'n "hulp" is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).
-
Perspektief: Januarie 2019
05/02/2019 Duração: 28minHierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief. In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".
-
Perspektief: Trailer
02/02/2019 Duração: 04min'n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program "Perspektief".
-
Die Huwelik: Rol van die man
29/01/2019 Duração: 28minHierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man. Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se "baas"? In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik - met 'n spesifieke fokus op die rol van die man.
-
Die Huwelik (1): Bybelse begronding
22/01/2019 Duração: 23minHierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik. Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.
-
Episode 0
09/01/2019 Duração: 24minEpisode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel. In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief!
-
Verassing
23/11/2018 Duração: 29minDit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit 'n Christelike perspektief.
-
New Apostolic Reformation
09/11/2018 Duração: 44minIn hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit 'n Reformasie? Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse "It's Time" geleentheid van oom Angus.
-
Gawes van die Heilige Gees
26/10/2018 Duração: 39minDie gawes van die Heilige Gees is 'n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis! In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
-
New Age
12/10/2018 Duração: 38minDie New Age Beweging is nie 'n godsdiens of instansie nie, maar 'n "nuwe manier van dink". "New Agers" soek na spiritualiteit, maar wil hulself nie onder die gesag van die Woord onderwerp nie. Die beweging is nie beperk tot 'n spesifieke geloof of denominasie nie, maar infiltreer alles om ons: Gemeentes, boeke, media ens. In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al 'n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.
-
Riglyne vir gesprekke met Jehova Getuies
28/09/2018 Duração: 51minDalk het jy al 'n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna. Ons het jou hulp nodig om die boodskap te versprei - gebruik asb. deel-knoppies op hierdie artikel, om die episode te versprei!