Invia Gemeente

Hoe gee die Heilige Gees my krag? deur Frieda van den Heever

Informações:

Sinopse

Hoe ont-vang ek hierdie krag? Presies so. Deur dit nie te vang of te begryp met die verstand nie. Deur my humus, my grond, my klei, my menswees in die gesig te staar. Toe C.G. Jung nie meer so jung was nie, het een van sy studente John Bunyan se Pilgrim's Progress gelees en vir Jung gevra: "Hoe was jou pelgrimstog werklik?" Jung het geantwoord: "In my geval het die pelgrim se vooruitgang daaruit bestaan dat ek by 'n duisend lere moes afklim om my hand te kon uitsteek na die klontjie klei wat ek is." Grond + Gees. Stof ... haal asem. Klei: vat vlam!