Invia Gemeente

Meer as kennis... Wysheid vir Familiesake deur Theo Geyser

Informações:

Sinopse

Indien jy Nic Kyrgios se pa was, wat se raad sal jy vir hom gee? Nic is die nuwe stoutseun, John McEnroe. Slaan rakette stukkend, skreeu, baklei, vloek en as dinge nie lekker is nie dan hou hy op speel in die wedstryd. Op ‘n kol in die finaal op Wimbledon na ‘n hewige tantrum is sy familie op hulle voete en probeer hom help om sy oog op die bal te hou en die sideshows te los. En weereens, kos dit hom die spel! Binne elke familie is daar ‘n Nic, of ‘n teenwoordigheid wat ons kan skaad, fokus laat verloor en die prysgeld en seën laat verloor. Jesus het ondermynende wysheid vir hierdie saak en sal jou laat regop sit. “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand (die ou vertaling sê haat!) doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom, my dissipels wees nie”. Lukas 14:26-27.