Invia Gemeente

4 Stemme van Binne: Die Stem van Selfbedrog deur Frieda van den Heever

Informações:

Sinopse

"Jesus het gesê die koninkryk van God is in ons. Máááár – of én – daar is ook ander dinge in ons. Die sig én die sug. Die profeet én die pateet. Solank ons die een ontken, kan die ander nie ten volle geken word nie. Dis nou maar een ding van hierdie lewe wat ek al agtergekom het: ek kan eenvoudig nie te bowe kom wat ek nie insluit nie. Ons moet ons illusies vol in die gesig staar sodat dit omskep kan word in die waarheid, of kan verdamp dat ons die koninkryk beter kan sien. As ons dit probeer geheim hou (bedek), sal dit ons versmoor. As ons dit wegjaag (bestraf), sal dit terugkom …"