Invia Gemeente

4 Stemme van Binne: Stem van godsdienstigheid & vroomheid deur Theo Geyser

Informações:

Sinopse

"Die reis van geloof gaan oor om vas te stel presies waarin my geloof is. ‘n Mens aanvaar vanselfsprekend as dit by godsdiens kom dat jou geloof in God is. Jesus wys jou iets anders. Godsdiens kan ook deur die ego geskaak en beheer word. Die duiwel versoek Jesus immers met die Bybel (Mat.t 4:1-11) en vir Paulus verander Satan hom in ‘n engel van die lig (2 Kor. 11:13). Het jy al gewonder waarom Jesus gemaklik is met oneerlike mense soos Saggeus of tollenaars wat hulle eie mense ingedoen het of straatvrouens wat hy beskerm en selfs mee vriende word? En waarom die ongenaakbare aanval op godsdienstige mense wat Hy wit gepleisterde grafte en skynheiliges noem."