Invia Gemeente

Informações:

Sinopse

InVia is a contemplative community based in Cape Town and Stellenbosch. We passionate about the journey of transformation in wholeness.

Episódios

  • Droom weer... Wat jy kan beplan is te nou vir jou deur Frieda van den Heever

    24/04/2023 Duração: 18min

    "As God lankal klaar sy plannetjies gemaak het, hoekom sou ons dan nog na Hom moes soek, vra, bid. Hoekom sou Hy na ons luister? Want die God van Israel se meganisme was nog altyd Liefde..."

  • Droom weer oor onskuld... deur Theo Geyser

    17/04/2023 Duração: 14min

    "Die dissipels moes weer droom na die kruisiging. Hulle het van 'n ander koninkryk en Jesus gedroom as wat God aan hulle wou voorstel. Die goeie nuus na die opstanding was dat hulle weer begin droom het, en die keer is dit ongelooflik mooi en net soveel groter! Ons lewe is ook nie anders as die dissipels nie."

  • Liefde is die oog!... Opstandingsondag deur Frieda van den Heever

    10/04/2023 Duração: 16min

    "Jesus het nie gekies om te sterf nie. Jesus het gekies om aan te hou liefhê en dit het gelei tot sy dood. Liefde was die krag agter sy dood én sy opstanding. Die dood kan nie die liefde verteer nie. "...

  • Geskeur... Goeie Vrydag deur Theo Geyser

    10/04/2023 Duração: 19min

    "Ons kan nie praat van die dood van Jesus as ons nie praat oor sy lewe nie. Alles wat aan die kruis gebeur het, het reeds voor dit in sy lewe gebeur. Soms praat ons oor die kruis wat sy lewe voor die kruis heeltemal uitsluit. Dit hoor jy gereeld onder Christene. Dan is die boodskap van hierdie dag ‘n morele transaksie wat jou hemel toe neem en ongelukkig belowe hierdie dag vir ander mense wat nie 'n transaksie het nie, die hel."

  • Ontwapen... Palm Sondag deur Francois van der Merwe

    03/04/2023 Duração: 19min

    "No one needs a stallion for a journey with crucifixion at its end. For this purpose, a donkey is perfectly fine.” - Eleanor Trump

  • Hoe sê ek 'JA' wanneer my planne nie uitwerk nie?... met Frieda van den Heever

    27/03/2023 Duração: 17min

    "Hoe sê ek JA vir 'n lewe wat ek nie gekies het nie? Om JA te sê voel soms amper soos verraad teen die lewe wat ek geken het. Dis ‘n hartverskeurende keuse om elke dag opnuut te maak. En tog, om NEE te sê is erger. Om NEE te sê vir die lewe as die lewe nie uitwerk soos ek beplan het nie, is om JA te sê vir verwyt. Die woord “resentment” kom van die Frans: re (weer) en die Latynse sentire (om te voel). Met ander woorde, om oor en oor te voel. Om dieselfde ding weer en weer te voel. As my klophart ‘n kliphart word, as my sagte hart versteen, as gevoelens nie deur my beweeg nie, maar gaan vassit."

  • "Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser

    23/03/2023 Duração: 15min

    "Waarom waarsku Jesus ons oor angstigheid en vrees oor wat ons eet, drink en wat ons aantrek? Dit is alles dinge wat ons laat voel dat ons genoeg is en wat ons spesiaal en anders maak. Vir Jesus is die teenoorgestelde van geloof nie twyfel of ateïsme nie - maar angs en vrees. Die angs oor ons fisiese behoeftes en oor hoe mense na ons kyk en ons waarneem.”...

  • "Wanneer Ek Op Soek Is Na Konneksie"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser

    13/03/2023 Duração: 23min

    "In moeilike tye soek jy ‘n ware vriend. ‘n Konneksie dieper as kennis. Jesus vra sy dissipels om naby hom te wees aan die einde van sy lewe. Moeilike tye wys die Judasse in ons lewe uit, maar ook ware vriende wat ons lewe gee. In Moses se woestyntyd kom sy skoonpa tot sy redding. Die onmiddelike vraag is: Hoe is dit moontlik dat so 'n hartspasie tussen Moses en Jetro kan plaasvind?"

  • "Wanneer Ek Verliese Ly"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser

    04/03/2023 Duração: 15min

    "Wat doen jy wanneer jy 'n swaar verlies ly? Na watter plek kan jy gaan? Jesus gaan na Getsemane. Hy belewe die verlies en pyn van vriendskappe, verraad, leuens, agterbaksheid en die afwesigheid van ondersteuning in sy moeilikste tyd.”...

  • Wie Is Ek?... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Deon Meiring

    27/02/2023 Duração: 19min

    "Wanneer dinge min of meer gaan soos wat ek gewoond is daaraan, is dit maklik vir my om te dink ek het nogal ’n greep op die lewe. Ek het darem ’n goeie idee van waar ek is, wie ek is en selfs wie God is. As alles in orde is kan ek maklik en gemaklik lewe. Eintlik word ek mak in my lewe. Hoekom sou ek dan wou wildernis toe gaan? Wat wil ek maak in die woestyn as ek eintlik ’n netjiese, gerieflike tuin hier in my agterplaas het? Die wildernis is die plek waar ek so uit my diepte is, dat ek vreemd word vir myself en vir God."

  • "Waar Was Jy...?" Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever

    20/02/2023 Duração: 17min

    "Die boek Job, wat bestaan uit prosa en meestal poësie, is een van die grootste boeke wat ooit geskryf is oor gebed. Dit breek ons aannames en stereotipes oor wat dit beteken om met God te kommunikeer. Eers as ons Job se storie sien as ‘n reis na ‘n dieperwordende ontmoeting met God, kan ons waarlik omgaan met die oeroue vraag: “Hoekom laat God toe dat (goeie) mense swaarkry?” Dis ‘n storie wat eers ten volle sin maak vir diegene wat swaarkry ken, wat al teen die grond was, op ‘n plek waar God in der waarheid nie meer sin maak nie en waar ons nie kan glo “God het ‘n plan” nie."

  • "Het Jy Die Reg Om Kwaad Te Wees?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser

    13/02/2023 Duração: 23min

    "Baie van ons is nie net krities nie, maar ook kwaad. En dit vir ‘n baie goeie rede. Die bitter polarisasie in kerke en die regering, oneerlike selfsug, en afwesigheid van respek en deursigtigheid wakker die gode van wraak binne ons aan. Moet ons kwaad word?..."

  • "Wat Is In Jou Hand?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever

    06/02/2023 Duração: 22min

    "Die Bybel word dikwels opgetel om antwoorde te kry. God se antwoorde. En dit is daar. Duidelike antwoorde en beloftes. Daar is egter ook baie vrae. Vrae wat God vra. En meeste daarvan is nie retories nie. As ons met die vrae worstel en daarop antwoord met ons lewens, kan dit ons nader bring aan wie ons werklik is en in dieper vennootskap met God."...

  • "Kan Jy Wakker Bly?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser

    30/01/2023 Duração: 21min

    "Indien iemand nou vir my sê: “Word wakker tjom!”, beteken dit nie dat ek uit ‘n fisiese slaap moet wakker word nie. Dit beteken eerder dat daar iets is waarvan ek nie van bewus is nie of nie kan sien nie. Dit kan dalk intellektueel, emosioneel of geestelik wees. Een groot tema in Bybel is: Word wakker! Word inteendeel NOU wakker voordat die dood jou wakker maak!"

  • Die Here is my... deur Frieda van den Heever / 22 Januarie 2023

    24/01/2023 Duração: 23min

    Die Here is my... 22 Januarie 2023 Preek en liturgie deur Frieda van den Heever. Dankie vir julle deurlopende ondersteuning! Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • "Wat soek jy?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser

    23/01/2023 Duração: 17min

    "Alles wat soek is net ligte skadu, refleksie van die een wat ons regtig soek! Glo jy dat God meer aantreklik is as ‘n superhero? Slimmer as jou professor? Mooier as die mooiste skildery en meer eroties as die grootste sekssimbool op aarde?"

  • "Waar is jy?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser

    16/01/2023 Duração: 17min

    "Hoe ons ons eie wêreld verstaan is hoe ons die storie van onsself en ander vertel..."

  • Nuwejaarsvoornemens... Wat's nuut? deur Deon Meiring

    09/01/2023 Duração: 17min

    "Nuwejaarsvoornemens kan ons help om beter te verstaan hoe ons die lewe benader..."

  • Nuwejaarsboodskap: Die Werk van Kersfees deur Frieda van den Heever

    09/01/2023 Duração: 19min

    "Daar’s gewoonlik twee maniere waarop mense die nuwe jaar inwag: óf met ’n dik kop en ’n broos lewer óf met ’n uitasemdraffie en ’n lang lys voornemens. ’n Nuwe blaadjie. ’n Nuwe ek. Nuwe hoop. En iets daarvan is mooi. Dat die mens oor die vermoë beskik om terug te bons. Om weer van voor af te kan hoop. Ten spyte van die oujaar se seer, die oujaar se ekonomie, die oujaar se terugslae, die oujaar se teleurstelling."

  • Kripnotas vir Kersfees deur Theo Geyser

    28/12/2022 Duração: 15min

    "Hoekom is Jesus in 'n krip gebore? Waarom sou die kerk deur die eeue geglo het dat dit een van die kragtigste beelde is wat ons kan help dat God ons kan ontmoet waar ons is in ons lewe. Dalk is daar versteekte notas in die krip wat ons kan help..."

Página 4 de 25